Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Jaco Jacobs

@ Sunday Times Books LIVE

Nee, onsterflikheid is nie die rede waarom ek skryf nie

Ek het die afgelope tyd twee skrywers by verskillende geleenthede min of meer die volgende hoor sê (of gesien skryf): “’n Mens skryf om onsterflik te word.” Of: “’n Mens behoort elke dag te probeer om die soort boeke te skryf wat eendag klassiek sal word.”

Sjoe, en hier sit ek nou al jare lank voor my rekenaar en skryf met ’n veel ligsinniger doel voor oë. Trouens, meeste van die tyd het ek absoluut geen idee met watter doel voor oë ek nou eintlik skryf nie. Maar oor een ding is ek redelik seker … dis beslis nie met die doel om onsterflikheid te bereik nie.

As jy nog hieroor twyfel, gaan soek gerus op Wikipedia ’n lys van al die Oscars wat oor die jare vir die beste akteur/aktrise toegeken is en kyk hoeveel van daardie mense se name jy al in jou lewe gehoor het. En selfs al het jy ’n klassieke boek neergepen en ken pretensieuse letterkunde-eerstejaars eeue van nou af nog jou naam, gaan dit jou in my beskeie, pragmatiese mening steeds nie onsterflik maak nie. Die storie van Alice in Wonderland mag voortleef, selfs in ’n onlangse Tim Burton-fliek, maar Lewis Carroll is ongetwyfeld dood en het waarskynlik nie daardie Burton-poging te siene gekry nie. (Tensy Ster Kinekor vertonings in die hiernamaals reël …)

Nou, voor jy dink ek is besig om een of ander uitsiglose lewensfilosofie hier uit te stal, wees verseker dat ek glad nie ontnugter is deur of depressief is oor die feit van my eie onsterflikheid of die oënskynlike gebrek aan klassieke status wat my skryfsels tot dusver openbaar nie. As ek regtig ’n oomblik rustig word en nadink oor waarom ek skryf, is dit eintlik maklik om die redes op te noem:

 

Please register or log in to comment